Ewige dankbaarheid
dertig jaar terug Liewe Heer
het U my met U liefde kom vul
die afgronde het my gegryp
waar dinge nie maklik was nie
maar daardie dag dertig jaar terug
het my hele wese na U gesmag
terwyl woorde oor my ore gly
en sagte hande my gesig aanraak
kom lê dit diep in my gedagte
“ek wil o, Heer”
en U het dit moontlik kom maak
saam het ons gekniel voor U
en my hele lewensreis
word saamgevat en draai ek om
vandag se dankbaarheid
word daaraan toegeskryf.
aan getuienisse van beskerming en genesing
lewe in die volle sin van die woord
waar vrede my hart oorspoel
en ek weet dat U in beheer is
my lewe het U sin geword
ek die klei en U die Pottebakker.
trek U die toutjies en ek volg
vir ewig is ek dankbaar
ek het my Skepper gevind
Louisa Van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.