Jongste aktiwiteit:

bittersoet oorwinning

bittersoet oorwinning
geskryf deur Dale Penderis ©

die stringkwartet sit my ore vol
die verhoog is in my kop
elke ses-string-snaar fyn beaar
ʼn eg musikale chop

speel my stil
met jou basviool

crescendo trillings in vol basuin
soos die nagrefrein van ons samesyn
die wintervuur vlammend in vloed
en my halfvol glas – semi-soet

tokkel my snare met jou drie-string-kitaar
laat die winter-blou in my siel bedaar

falsetto fyn puik gekoord
jou tjello tjello my in een akkoord
vinnig pomp my bloed in staccato trippel treё
in strelende klanke voer jy my mee

fyn is die stemming tussen liefde en haat
uitmuntend jou vertoning wat my warm laat

Neologismes:

Musikale chop: is die abiliteit om musiek op ʼn sekere instrument meesterlik uit te voer

beaar: fyn bedrading van een snaar

winter-blou: winter blues

 

 

 




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed