Ek is waardig. Goud
Ek is ‘n driehoek
in U meestersimfonie
‘n nietige instrument;
eenkant weggestoot
suiwer klanke in harmonie
tog elkeen apart volmaak?
U is die komponis
wat woorde
akoorde
tot volheid komponeer
suiwer klanke in harmonie
tog elkeen apart volmaak!
Ek is nietig
tog nodig
U het my tot volmaaktheid
in kopersmitperfeksie gelouter
ek is ‘n suiwerklankeuforie
in U hemelse orkes
#kopersmitperfeksie. – tot volmaaktheid geskep
Amanda de Meillon
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Augustus 2023 – Musiek projek