Jongste aktiwiteit:

ProjekteAugustus 2023 Musiek projek

Beste INKers

Hierdie maand gaan ons die projek meer uitdagend maak. Dit gee almal ‘n kans om die winterys van die grysstof af te skud. Lees asb. baie noukeurig wat elke opdrag se vereistes en opdrag is.

DIGTERS:
1. Skryf ‘n gedig van 18 lyne.
2.Verduideliking:
3 kwatryne
3 koeplette
VOLTA:
Dit is ‘n retoriese skuif of dramatiese verandering in gedagte of emosie. Ek gaan ‘n gedig plaas en aandui waar die volta gebeur om misverstande te voorkom.

Jy moes gaan, teensinnig,
weg van die spasie
wat ons ingeruim het
vir samesyn

dat jy jouself, uit en weg en af
geskeur het

het die erdewerk
waaruit ek gedink het
my binneste bestaan
gekraak en verpoeier

omdat jy uit my binneste uit
weg en af geskeur is

het musiek gedoof
en die son sy hitte verloor;
tóg speel jou glimlag steeds [Volta]
in elke spieël wat hang

en klink jou woorde
soos koorsang in my geheue.

3. Die tema is: musiek. Dit kan eiesoortig geïnterpreteerd word.
4. Poog om ten minste een neologisme te skep.

MENINGSTUKKE:
1. Skryf ‘n meningstuk oor jou gunsteling musiek.
2. Laat die leser verstaan watter lewensles jy geleer het uit dié spesifieke musiek en /of watter rol dit in jou lewe gespeel het.
3. Geen woordtelling beperking nie.

RUBRIEK:
1. Geen woordtelling beperking nie.
2. Speel musiek ‘n rol in jou gemoedstoestand?

ARTIKEL:
1. Geen beperking op woordtelling nie.
2. Skryf n artikel oor die gebruik van musiek in terapie.

VERHALE:
1. GEEN beperking op woordtelling nie.
2. Skryf ‘n verhaal: Tema: “Die simfoniekonsert”
3. Enige genre.

Uitnemende mense skryf in Afrikaans.

Skryfgroete
Projekbestuurder.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Lieftydig Popklanke van die lente gly kommervry verby waar kalwerliefde vreesloos van onskuld wil bevry swel gou tot ryp aksente wat die ewigheid takseer as liriekgedrewe luister tot in die siel vibreer swem lustig in die liefdesvloed in die volle drang van somergloed Die najaar kom instrumentaal wat meevoer sonder woord liefdestaal ver-eg soos roes […]

Staccato note wip op en neer luidrugtig van snaar tot snaar vrolik geveer in E-majeur om ‘n blommefleur te openbaar waar ‘n tweede viool die oorhand het in die klankhart van ‘n stringkwartet. In barokmelodieë vasgevang word vier seisoene aangeklink waar basklanke aan strykstokke hang en tussen vioolkamme rinkink in ‘n melankoliese snarespel wat van […]

Inleiding: Musiek, as universele taal, spreek tot die siel waar woorde faal om deur te dring. Musiek bied aan kinders met gestremdhede ‘n unieke geleentheid om hulself uit te druk. Sodoende word hul gehelp om hul volle potensiaal te ontdek. Die gebruik van musiek in terapie bied talle voordele. Wat is musiekterapie? Musiekterapie is die […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak