Jongste aktiwiteit:

ProjekteAugustus 2023 Musiek projek(Bladsy 2)

Beste INKers

Hierdie maand gaan ons die projek meer uitdagend maak. Dit gee almal ‘n kans om die winterys van die grysstof af te skud. Lees asb. baie noukeurig wat elke opdrag se vereistes en opdrag is.

DIGTERS:
1. Skryf ‘n gedig van 18 lyne.
2.Verduideliking:
3 kwatryne
3 koeplette
VOLTA:
Dit is ‘n retoriese skuif of dramatiese verandering in gedagte of emosie. Ek gaan ‘n gedig plaas en aandui waar die volta gebeur om misverstande te voorkom.

Jy moes gaan, teensinnig,
weg van die spasie
wat ons ingeruim het
vir samesyn

dat jy jouself, uit en weg en af
geskeur het

het die erdewerk
waaruit ek gedink het
my binneste bestaan
gekraak en verpoeier

omdat jy uit my binneste uit
weg en af geskeur is

het musiek gedoof
en die son sy hitte verloor;
tóg speel jou glimlag steeds [Volta]
in elke spieël wat hang

en klink jou woorde
soos koorsang in my geheue.

3. Die tema is: musiek. Dit kan eiesoortig geïnterpreteerd word.
4. Poog om ten minste een neologisme te skep.

MENINGSTUKKE:
1. Skryf ‘n meningstuk oor jou gunsteling musiek.
2. Laat die leser verstaan watter lewensles jy geleer het uit dié spesifieke musiek en /of watter rol dit in jou lewe gespeel het.
3. Geen woordtelling beperking nie.

RUBRIEK:
1. Geen woordtelling beperking nie.
2. Speel musiek ‘n rol in jou gemoedstoestand?

ARTIKEL:
1. Geen beperking op woordtelling nie.
2. Skryf n artikel oor die gebruik van musiek in terapie.

VERHALE:
1. GEEN beperking op woordtelling nie.
2. Skryf ‘n verhaal: Tema: “Die simfoniekonsert”
3. Enige genre.

Uitnemende mense skryf in Afrikaans.

Skryfgroete
Projekbestuurder.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Goue draad tussen musiek en gemoedstoestand. Daar bestaan ‘n universele taal wat deur alle grense breek, diep emosies ontlok en hartsnare roer. Elke mens kan aan ‘n spesifieke liedjie dink wat herinneringe oproep of selfs ‘n spesifieke gemoedstoestand by hulle veroorsaak. Het jy al gewonder waarom dit so is dat sommige note en ritmes soveel […]

seën my met sublieme musiek my muse ʼn prelude na crescendo kantates met oorwurmrefreine afgerond neurie-sing skeppende solo-note gestring begelei die alfa-rimes van my neurone my muse sodat stimuli vars strofes dig in die akoestiese spelonke van my regterbrein talm-weergalm ʼn inspirasiepsalm maar steeds is jou lippe blou gesnoer jou nootbalke is leeg geoes ek […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed