
DIGTERS KLAAGLIED (goud)
As jy die suiwer klanke van sy lied sou verstaan
sal jy ook harmonieer met wat in sy siel aangaan
selfs in die kaalheid van hierdie skugter kwatryn
verfyn my pen die sirkel van sy mensbestaan.
Saans luister ek na sy soet stem ver verby die nanag
tot skuins voor die lig van nog ‘n nuwe dag.
Die ritmiese melodie van sy kitaar en klavier
laat my telkemale draai en dans van plesier
want die lewe is soms so kort en nietig
en sy songs laat my voel ek is nóú hier.
Wetend dat tyd vir niemand stil kan staan
al sou jy jou hande ook hemelhoog die lug inslaan.
Met elke noot wat ons saamsing of verloor
majeur ek myself met sy letsels wat dans in my oor
huil ek weer ‘n keer oor Elvis so vroeg moes gaan
verdrink selfs soms in elke lied wat met my toor.
So sal die dood hom nog op elkeen van ons wreek
maar die spore wat jy agterlaat sal niemand kan wegsteek.
© 8/2023 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Augustus 2023 – Musiek projek