Jongste aktiwiteit:

Jou musiek sal voortbestaan

jou musiek het stadig gekwyn

terwyl jy moes spartel teen die pyn

met jou vingers wat traer sou fladdervlinder

word jou spel elke dag al hoe minder

 

jy wou nog ‘n simfonie maak

wat harte se snare moes raak

 

op ‘n klaviernoot druppel nog ‘n traan

want die agteruitgang kan jy nie verstaan

hoekom jou Godgewe talent stadig taan

met jou hande nou tevergeefs soekend na note

 

die ritme en melodie trou nie meer

niemand kan die skoonheid opreg waardeer

 

ek luister na die laaste sterwende noot

eens vlytige vingers is nou stamelend en stram

veg om oorlewing in ‘n sinkende boot

maar dankbaar dat daar is soveel komposies op jou naam

 

jou talent sal vir altyd voortbestaan

nooit sal jou musiek na sy stilbed gaan

 

Neologisme: Fladdervlinder

stilbed (sterf)

 

 

©Kopiereg Linda du Plessis 2023




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak