
As my musiek stagneer
ek dig met ink wat soms op papier traandruppel
waar my eurofie oopbars en vreugdevol huppel
my woorde optower en dieper delf in my menswees
elke letter, elke woord, elke sin en vers ‘n vreugdefees
met vol passie brand in my ‘n woordskildervuur
ek hang my digpicasso sag aan die digmuur
my digskildery is kleurryk met melodieë
vermeng reënboogwoorde met suiwer musiek
gekomponeer vir verskillende simfonieë
van vrye vers tot rym wat ek met woorde mimiek
ek sprei my digtersvlerke wyd oop in die wind
wat met landings my ritme en akkoorde vind
maar voordat my woorde my passie vervolmaak
het my verfhale op my bladmusiek gestagneer
as my ritme, my melodieë en klank stil raak
ek deur Altzheimer nie meer kan kommunikeer
my rekenaar speel nie meer sy gunsteling lied
dog my onvoltooide doek sing nog ‘n loflied
©Kopiereg Linda du Plessis 2023
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.