Jongste aktiwiteit:

Bosveldsee

Bosveldsee

Deur: Ryno du Plessis

Desember loer, die plaasdam wag.

Ma maak seker die nuwe swembroek is in die tas.

Soggens vroeg, bibberkoud, klou al die kinders reeds aan die rant.

Waterhondjies byt soos haaie, maar om hul swem ons draaie.

Met trekkerbinnebandmaak ons branders land en sand.

Golwe groot bring groot genot.

Met die son se sak dreig Ma ons met ’n groot pakslae.

Die goeie ou dae van die Bosveldsee— vandag nou net ’n dam vir bosveldvee.

© Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed