Dagsê liewe lewe
Dagsê, liewe lewe
Deur: Ryno du Plessis
Ek kom loer gou in. Sê dankie vir nog ’n dag om my liedjie te sing.
Gister het my op my knieë gebring, maar dit was ook ’n goeie ding.
Op my knieë kan ek ’n loflied sing, my Vader dank vir wat die lewe bring.
Môre is nog blind, sy pad sal ek nog vind, maar vandag vlieg ek eers saam met die wind.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.