Gedemptheid (Silwer klas Desember oop projek)
Gedemptheid
ek dink deserdae aan die tye
alhoemeer
in die geheuegreep van gister
toe my verlede nog suiwer was
soos die dorp se stilte so sonoor
wat in die namiddag gestol het
tot’n wasige weёmoed
durend totdat die kerk van klip
se klokke beierend gebulk het
deur die torings se kantele
as gedempte gesange van lof
hosannas wat die duiwe verjaag
die donker nag se swartheid in waar
‘n hond huiwerig blaf
en die bleek maan se stiltes splinter
my onvermoё bly steeds
my soos ‘n skadu by
hoe kan ek my die pyn kwyt
daardie kierie wat die donkerte
in my gewete hokslaan, dalk
deur my wellewende wit
aweregsheid as waarheid
te aanvaar
(C)MCH
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir NOVEMBER & DESEMBER 2025 – OOP projek