vind
vlugvoetig is jy
padvinder waar gaan jy heen
soek jy in die woestyn nog die reën
wat broei telkens in jou gedagtes
borrel op in jou siel
dans jy dan ‘n riel
van blydskap
ofskoon
jy nog
eensaam
onder golwe
induik
wat dreig
om jou te verswelg
golwe van nostalgie
oor berge en bome
reeds lank gelede
ontwortel
tog kom
dit
sterk
terug, en dit
weergalm
in jou
hart
diė
wete
dat jy
is
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.