Jongste aktiwiteit:

My Batseba

My Batseba
As ek jou skoonheid met die kleure op my palet kon beskryf
Sou ek beslis begin by jou lyf
Jy is vir my soos n Batseba
Selfs Rembrandt het gesmag na haar

Maar ek is nie n skilder nie
Nog minder kan ek sing
Ek kan dalk iets anders doen om aan jou lof te bring

Ek kan speel met woorde en ek kan n bietjie skryf
Met die ink in my pen kom verf ek jou lyf
Ek wil so graag jou skoonheid met my woorde verf
Of dit dalk uit n stukkie hout uitkerf

Maar hoe pen ek jou skoonheid vas
Hoe doen mens dit anders as met n kwas
As ek die lyne van jou lyf met woorde in n gedig reg kon beskryf
Sou jy soos n Picasso wees vir my

Ek is nie n skilder nie
Nog minder kan ek sing
En van beeldhou weet ek gans te min
Dit is net nie moontlik nie om jou skoonheid in enige taal tot sy volle reg te bring




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed