MY WINTERWIND
As my winterwind
Jou hart stukkend waai
En soos ‘n aasvoël
Al om die skeure draai
En jy huil op sy maat
Deur die bloed wat vloei
Want jou hoop staan beskaamd
Daar’s geen reddingsboei
Jou trane drup lou
Oor die pyn in jou hart
Maar my wind waai dit koud
As jy kniel in jou smart
En die somer word herfs
Voor die winter se kou
Maar my wind bly steeds waai
Deur die seer van jou rou
© Anton Bosch 08/12/2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.