
preuts
met die somer
kom tentoonstelling
oor my duin aangesweef
jeug het sy maniere om te wys
soms met duidelike blink kurwes
sommer klaar gaar onder bed ligte
meeste net onskuldige vakansie pret
vir almal om na te kyk – nie te vat
wonder ek op my duin hoekom
sou mooi onskuld adverteer
op internet media fotos
en ook sê: net kyk nê
sou daar enige
waarde lê
in aantal
kyke na die
uitstalling
of lê dit
in diepe onseker
wees van selfbeeld
eie waarde soos
jezebel van
ouds
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Mooi gestel! Die dinge wat gedoen word met mening en dan weerspreek word as nie wat bedoel was nie. Meskien maar net die mense wat geen idee het wat hul eie waardes is nie. As klein kritiek ek sou internet uitgehaal het, media is media ongeag die kanaal.