‘n Retrospektiewe studie op immigrasie (silwer)
Uit die see se bloute wildheid,
kappiewulk, albatros, witsandduin
weg is jul soos die wind
waar sal ek jul ooit weer vind?
My hart is ‘n gesplinterde skulp
wat weg eggo in die stilte wat oor jou woed,
‘n tol-tol riekmarol
die helderson se gloed
sal jy ‘n plaasnooi groet
of sal ek jou nog hoor balk en breek
my voete in jou skulpsand steek?
soos die oor en weer van ‘n trekker se ploeg
soos stropers uit jou buik kom stroop
so voel ek, sonder jou gestroop;
‘n boklam en ‘n brander
vir die een is dit nes die ander
‘n eggo in die groen
‘n eggo uit die blou
‘n waboom by die spruit
‘n hengelaarsrots, ‘n vissermansskuit-
Dus behels die studie in gesprek
‘n liefde wat onmisbaar strek;
uit die suide tot die noorde
elkeen met hul eie akkoorde.
©Morné du Preez
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2020 – OOP-projek