Jongste aktiwiteit:

Eerste kersfees

Eerste Kersfees

Ou ou verhaal
Maria en Josef
oppad na Bethlehem
reeds is ongebore kind
‘n bedreiging vir ongelowiges
vlugtend vir veiligheid
geen huisvesting gevind
die koning van alle konings
die donkierit was uitputtend
moeë liggame vind slegs
‘n strooibed in ‘n stal
die kindjie sien die Lig
in ‘n krip
slegs ‘n uitgelese groep
aanskou die wonder
het die voorreg om
voor hom te buig
geskenke te bring
engelekoor besing
Sy lof
betuig hul dank
heilig is hierdie oomblikke

maar in 2017
soek die wêreld Hom
in die beste vyfster hotel
tussen goud beslaande
mure en marmer beelde
hulle vind Hom nie
gulsige oordaad lê
vervleg op tafels
wyn vloei in kratte
stram gesprekke hier
guitigheid elders
skel stemme klim op
bakhand gesprekke
glurende oogkyke
starende blikke
na horlosie syfers
wat langsamerhand aftik
ingeoefende gebed
word afgerammel
kos word verorber
een na die ander
groet gemaak beleef
bedank die gasvrou
voertuie vertrek
dankbaar dis verby
tot volgende jaar

©Berna
22.12.2017




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed