Lugkasteel
In drome waar ek en jy ontmoet
saam uitgelate in die wolke baljaar
het ek liefde in my hart gevind
jou oë se eindlose glimlag het my gebind
met ’n melodie in jou hart het jy verskyn
die seer in my lewe het jy weggesing
kom ons skryf ons liefdesverhaal
in ons eie onuitgesporke woorde
en sing ’n splinternuwe lied
met die sprokieswoorde van ons harte
waar ons note en akkoorde mekaar vind
sing ons die deuntjie wat eggo in die wind
ek bou vir jou ’n lugkasteel
tot in die wolkekrabbers met jou as my koning
maar daar waar my hande jou sal wegvoer
moet ons dans in ons minnaars paradys
ek en jy wyl die vuur in ons brand
gaan ons ons drome keer op keer haal
©Anita van der Walt
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Augustus 2023 – Musiek projek