
In die holte van jou hand
In die holte van jou hand
ek sit voor my doek met my
sleutelbordkwas wat oor dit gly
delf diep in my digwoordeboek
na woorde sinne strofes op soek
meteens borrel dit soos uit ‘n fontein
vloei deur gedagte-kabels sag en fyn
spoel oor na gedagtes ‘n nuwe skepping
wat ek vingertip op die skerm aanbring
elke woorddruppeltjie presies gekeur
wat papier met woorde gaan inkleur
vryevers tipografie oudmodies of rym
word in boeke spesiaal vasgelym
gee dit dan vrye teuels en vlerke
om hoog te vlieg sonder perke
nes te skop dwarsdeur die hele land
en soos nou in die holte van jou hand
©Kopiereg Linda du Plessis 1/11/2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.