Jongste aktiwiteit:

My spieëlbeeld

My spieëlbeeld

ek kyk na jou
en sien jou uiterlike raak
jou slierte hare jou sproete jou skewe neus
wens ek kon daardie knop knieë vervang
met welvorming en jou onvolmaakte lyf
sê ek wens ek kon jou verander sodat almal
jou daaroor beny

nou praat ek met jou my spieëlbeeld

jy dink praat motifeer jouself dat jy nie mooi is nie
droom jy van jouself as ‘n skoonheid uit boeke
hou jy nie van jouself nie, kyk jy net skrams in die
spieël en kam jou hare sommer in die verbygaan
spreek teenoor ander hardop jy is lelik
jou selfbeeld diep begrawe met geen dunk van jouself

nou luister na my sodat ek jou kan vertel –
jy is uniek … jy is spesiaal … daar is net een soos jy
ek wil jou vertel jy is perfek net soos jy is
volmaak om te wees net wie jy is
deur net aan jouself te sê jy is die beste vir wie jy is
elke oomblik elke dag week in week uit jaar in jaar uit

sien al die mooi in jou raak
jou omgee en liefde vir jou medemens
jou meededeelsaamheid en spontane lag
moenie met ander kompeteer nie en wees jouself
sien hoe jou hande met ander werk en ‘n verskil maak
jou glimlag en een enkele blommetjie ‘n oumens
hartjie opgeruimd laat klop
of daardie klein teddie ‘n siek kindjie laat lag

maar nou staan jy soggens op en jy sien jouself
in die spieël … dit wat jy sien jou nie vlei nie
jy wil wegkruip en ander vermy

ek daag jou met liefde uit
gaan kyk jouself vierkantig in die oë
sê hardop vir jouself dat jy die een in die spieël liefhet
maar grootste rede … dat Jesus jou liefhet

©Kopiereg Linda du Plessis 11/2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed