kantate et sonate, cliche
klink soos cliché
maar gaandeweg word dit
deel van die klein dingetjies
met groot betekenis in die lewe
soos gedagtes strofes word
uit jou en my pen
so vorm
die
hoorbare
oordrag van musiek
’n kantate van klanke
soms sag, dralend
soms stakato
opruiend
so
dring
die klanke
van instrumente
jou hele liggaam binne
in die sonate van musiek
wat jou kan ontstem
of opbeur en selfs
besielend kan
wees
die
trompetgeskal
Andante et Allegro
van J.Guy Ropartz
aangevul deur die
onvergeetlike
kantate
Erlkönig
van Franz Schubert
© Tearlach.
(Die verskil tussen ’n kantate en ’n sonate is dat kantate ’n vokale genre is wat gesing word, terwyl ’n sonate ’n instrumentale werk is wat gespeel word)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.