Jongste aktiwiteit:

Waarlik vrou

Waarlik vrou
Sy is ‘n roos
met dorings wat steek;
‘n wasige wit katjiepiering
wat maklik kneus.
Soms is sy ‘n veldblom,
haar waarde vergete
of ‘n vetplant
gehard om te oorleef.

Sy kan ‘n verkleurmannetjie wees,
brul soos ‘n leeu
of spin soos ‘n katjie
alles deel van haar optrede
haar menslike reaksie

want

sy is enig

sy is uniek

sy is waarlik vrou!

Elna Kruger 9/8/2020
Kopiereg




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed