Deur gate en krake
Die vensters van winter se ruite is bleek
die rame daarom swart en vereneweer
deur die son se skroei
en die koue arms van die wind se loei
Die skemer huil sag vanaand
die donker verbloem die maan
in die geiler ruimtes daar ver
hang die wolke skeef oor die groot verlaat
Sluiers van mis waai oor die berg
waar swart en grys deur die krake sug
sonder emosie, grafstil
deur verre verlange gil
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2020 – OOP projek