Eindbegin*
tien vingers duinedans* neologismes
inversie woorde tussen duinesekeltjies*
waar stilte reeds ’n nuwe anafora dra
en sinestesie van tien gebooie rigting aanwys
onder triljoene sterre in die donker
waar ’n nimmereindigende orde
die anastrofe van die daeraad dra
daar – skryf tien vingers ’n tienreëlepiloog*
en word elke epiloog ’n proloog
en elke proloog word ’n epiloog …
—oOo—
©Pieter Mostert
*=neologismes
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.