Rower
Rower
Voor ’n groot ysterhek maak jy my wag stil en stap net in.
Die groot, swaar deure swaai oop, en hier staan jy.
Stap in asof alles aan jou behoort.
Iets in jou hou ek van. Ek dink jy is braaf, want hoe kom jy tot hier?
Elke belofte aan myself is pas gebreek, jy glimlag breed.
Ek dek vir jou, saam met my, ’n plek soos ’n gek.
Jy sien my vrede en steel dit sonder skamte, stap uit sonder om om te kyk.
Al wat agterbly, is weer ’n verwoeste hart en die vorige keer se splinters se nuwe stukkies.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.