Ommekeer
Here, my God,
voor U rol ek my siel uit
‘n tafereel van pyn en verdriet
ook van hoop
waaruit blomme spruit
élk traan, ‘n ánder soort blom
woede word woude
eensaamheid ‘n diereryk
‘n plek waar U reeds wandel
elk dag vernuwe
niks verwelk of sterf
nét ewig groei en verkwik
want die soom van U kleed
die mirre en wierook
die goud raak als aan
én U nuwe paradys word
ewig groter.
neem nou dié siel
die tafereel
dié persiese tapyt,
die fynste geweef
steek vir steek
omklee my geliefdes sodat
in húl ook U genade
liefde sal groei.
(labri ©)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.