
in die wind
soos ‘n fluistering
kom jou stem na my
aangedryf deur koue
vriesende wind
dit is verby
die stryd volstry
die dag is verby
nag het gedaal
maak dit saak
of dit maande of weke
of selfs dae sal duur
prognose is finaal
ek klim op die wind
wat van ver uit poolsirkel
sy vlerke hier kom sprei
weg te kom van nou
saggies huil my lewe
homself in golwe weg
golwe wat opstaan
voor ewige wind
©Teárlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.