My lewe in n boks
My Lewe in ’n Boks
Deur: Ryno du Plessis
Jare lank bymekaar gemaak, uitgestal, maar min gebruik.
Waarde klou aan baie dinge meer as wat dit moet.
Ou gemors moes eintlik reeds weg, ek kry dit net nog nie reg.
Môre trek ons weg, my lewe gepak in ’n boks.
Daar waar nuwe tuiste wag, staan ou kosbaarhede weer netjies nuut gepak.
Selfs rommel word dalk eendag as goud ontdek.
- © Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.