Geloof, Hoop en Liefde
Geloof, Hoop en Liefde
Eendag sal ons verstaan
vir nou het ons Geesgedrewe Geloof
waarop ons vas moet staan
al voel dit God is doof.
Eendag sal ons alles weet
vir nou het ons helende heilige Hoop
al voel ons soms deur God vergeet
sal ons Sy pad bly loop.
Eendag sal ons alles ken
vir nou het ons die lewende Liefde van God
tog moet ons ook eerlik erken
volmaakte liefde is ʼn swaar gebod.
Geloof en Hoop se tyd sal eendag vergaan
maar die Liefde sal ewig bly staan.
© Stephan Uys 2018/09/27
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2018 - Spyse vir die siel projek