dans van die skulpe
wit mossel skulpe lê gesaai
lengte en breedte van strand
knarsend klink my voetstappe
as skulpe onder krakend breek
vanaand dans die skulpe weer
in spring gety se opwip-golwe
gruisend, grawend, groeiende
spierwit gedekte mossel tapyt
hier deur mure van ons huisie
druis die klanke in my ore sag
weet my duin is buite gevaar
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Jou see stories is altyd mooi!