Gedagtes langs die pad
Vir die hoeveelste keer
wat ek met die pad ry
waai ‘n tarentaal se veer
verby my
Die son sak en verlange
verdrink saam met hom
in die oranjerooi gange
tyd gaan so vinnig om
Dwaal my oë oor die vlaktes
en ek wonder
met heimweë gedagtes
in hierdie sononder
Waarom voel ek in gister, vandag en mŏre
oor soeke na liefde verlore?
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2018 - Spyse vir die siel projek