
gedoriewaar
gister het wind gewaai
vanoggend is dit bewolk en reën
gister was ons jonk en mooi gewees
vandag is ons helaas nog net mooi
so praat volksmond laggend
spottend met homself
my volk het een ding
wat niemand anders het
dit is om selfs onder moeilikste
vir homself en ander te kan lag
volkshumor soms makaber mooi
meestal onverstaanbaar vir ander
heeltyd speels en vol jolyt
mag dit altyd so bly
mag dit nooit vervaag
mag dit ons dra tot daar
daar waar ons dit die nodigste
sal kry om te kan oorleef
gedoriewaar dit is ons
lag met of sonder ‘n traan
kompaterjie lag steeds
lag voort patertjie
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.