Jongste aktiwiteit:

agbare

agbare windjie
wat wil jy my kom vertel
jou treurige liedjie wat sing
om wit huisies se dak en hoek
laat tog vir my boodskap van jou
vertel van waar jy so haastig kom
hoe lank jy gaan vertoef of bly
wat jy saambring op jou besoek
respek het jy verdien vanjaar
jou kalm nat streep lê wyd
in kleurige blomme-tapyt
wat saans in jou luggie dans
met geurige groet van nektar
met bye wat vol geel sokkies vlieg
gaan bou aan hul toekoms in korf
waar jongby floreer en vetgevoer lê
gereed vir jul volgende geslag
van werkende menigte
meer agbaar as julle
kan mens kwalik
op my duin
ontmoet

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed