Jongste aktiwiteit:

Genade

Geweefde drade van genade
gevleg deur oomblikke
wat alles bind
van dit wat toeval
en beplanning saamweef

alles wat gevestig is
op meer as wat
die wêreld kan bied

deur Sy genade
en kosbare bloed
is vergifnis lewendig
vir elkeen wat na
Christus smag
met elke weefsel
van jou verganklikheid
en Hy sal jou
vertrooster wees
jou bergvesting
jou beskutting
teen die tyd
wat lankal uitgekoop is

die genade duur voort
in die krag van Sy woord
en die sleutel tot al jou
geslote deure
lê in die palm
van Sy groot almagtigheid

geweefde drade van genade
vir my en vir jou
Sy beloftes is anders
as die wêreld
Jesus se liefde bly getrou.

© 2018 C.Holder




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed