DROOMBLIKSEM!
Wag, moenie gaan nie!
Maar jy doen dit wrágtag weer.
Stilslapers sal die juksta nooit verstaan nie,
jou REM-ritme bedwelm als heen en weer.
Saans pers jou wit pille vol beloftes my af:
skep afwagting maar verlam my. Jy vat dan pad en lag my uit.
Angstig ingehok, wil ek jou telepaties indraf …
onbeholpe agterna…