Jongste aktiwiteit:

Soos bont ballonne in die wind

Soos Bont Ballonne in die Wind

Deur: Ryno du Plessis

Jare kom en gaan, tyd vlieg op vlerke van eens bestaan.

Waar het die drome van eens heen gegaan?

Groot begin, klein geraak, asof hul nooit bestaan het nie.

Ek het geglo met die onskuld van ’n kind, oë teen die lewe nog so blind.

Lank gestaar, gewonder tot waar die ballon sou vaar. Sal iemand anders hom ook gewaar?

Drome van toe het ook weggevaar, soos bont ballonne in die wind.

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed