Jongste aktiwiteit:

Rus in vrede Moeder Aarde Goud

Jy sleep jou roetbesmeerde mantel

met n swaar hand agterna

terwyl jou wentelbaan kantel

onder die las wat jy moet dra

jou eens groen gelapte aarde

verwoes en van geen waarde

 

die mensdom is die vyand

wat jou stadig laat versmoor

met vuilgevlekte hande

jou geleidelik vermoor

 

delwers in die donker

wat in jou aardkors myn

gewetenlose ruspers

wat hul blind staar teen jou pyn

***

moeder aarde sug –

en trek ‘n vuil mantel stywer oor haar rug

 

kopiereg Amanda de Meillon

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed