Skim
Jy raak aan my met
sagte vingers…
maar elke vat veroorsaak pyn.
Want jou het ek lankal weggebêre
in ‘n laaitjie iewers
waar die lig nie meer skyn.
Daarmee saam ook dit in my
wat smeek na jou.
Maar kort-kort klim
jy weer uit en raak aan my
met oë en hande en lippe
wat dreig om my oop te skeur
en mee te sleur
vir ewig mank te laat
in ‘n wêreld waar ek
lankal nie meer al die antwoorde
ken nie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.