
JY IS
Jy is die vrede wat deur my are vloei
die asem wat bollemakiesie in die dou
jy is die alfabet in my woordeskat
jy is elke dag se onthou
ek skryf jou naam in die stof en sand
ons siele is rotsvas geanker
in dit wat saakmaak liefde en trou
jy is my goeiemôre
die laataand skemer wat die dag vaarwel roep
die wind wat na sy rigting soek
jy is die klop aan my deur
die brief wat jy vir my gee
nes koffie en besluit
pannekoek en kaneel
trap ons spore wat ons met mekaar deel
jy is my vinkel ek jou koljander
my harte dief ek het jou lief
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.