Jongste aktiwiteit:

Vlinders se spoke

Vlinders se Spoke

Deur: Ryno du Plessis

Ek onthou nog die kalwerliefde van jonkwees— jy kon toe nog bloos.

“Vir altyd moet ons wees,” het ons pleitend mekaar beloof. Niks mag ons liefde roof.

Jare later kom stap jy weer ’n bietjie nader.

Iets van jou het oorgebly om te onthou.

Die vlinders in my maag— ai, hoe maak verliefdheid ons tog so traag.

Vandag voel dit heelwat vaag, elkeen nou met ’n nuwe lewensmaat.

Sonder om mekaar te haat, giggel ons nou saam oor die spoke van vlinders uit ons jeug.

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed