Die dans op valse note
Die Dans op Valse Note
Deur: Ryno du Plessis
Soveel beloftes het ons aan mekaar gemaak, opgewonde oor dit wat ons bymekaar kon maak.
Saam het ons ’n lewe gebou, soms met bietjie berou.
Ons het vasgeklou aan die tou van hoop en beter dae.
Tyd het sy skoene aangehou, geloop toe ons nog wou.
Iewers het ons agter geraak en groot foute gemaak.
Die lewe is ’n lied— sou ons omstandighede groet, sou jy nie kon sing nie, moet jy maar kan dans.
Ons was reeds by die laaste kans, maar ongelukkig was hierdie dans op valse note.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.