
Bedorwenheid
Bedorwenheid
As ‘n blom
té veel son
té veel water
té veel kompos kry
en té lank aan eie wil en genade oorgelaat word
verrot die stam
verlep die blare
en knak die kroon
word dít wat volmaak gevorm is deur Skepperhand
bedoel is om ‘n aangename geur te versprei
om met skoonheid te pronk
bedorwe en vermink
om later vergete te lê
in ‘n weggooiblik!
©Driekie Grobler (2022)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.