Jongste aktiwiteit:

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van JuanriJuanri is nou vriende

  • Charné de Beer het n geregistreerde lid geword

  • Jesica het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Adel het n geregistreerde lid geword

  • Juanri Lid se profiel foto het verander

  • Juanri het n geregistreerde lid geword

Papierhart

Papierhart

jou wankelhand se skribbels
is met deernis en liefde georden
sodat ons saam
mooi herinneringe kon skryf
met begrip prettig versier
om só die wêreld se onreg en seer
sinvol te verdryf

toe (onverwags) kom ‘n stormwind
ruk met ondeurdagte woord en daad
jare se saamskryf los
frommel dit onbarmhartig op
en smyt dit argloos eenkant neer

nou wonder ek
of kreukels ooit weer uit sal stryk
of misvormde letters
ooit weer trots sal kan pryk

©Driekie Grobler (2022)




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed