Hoe ry die boere – 2
HOE RY DIE BOERE – 2 Geskryf deur Fanus Strydom 2529 woorde Die eerste skof, tot by Warmbad, verloop seepglad en sonder enige verdere, onverwagse voorval of onnodige oponthoud. Die pad is besig, en dit vat pa maar ‘n rukkie om homself in ‘n gerieflike ryposisie in genesskrop te kry, met sy regtervoet gemaklik op […]
WAT KYK JY?
WAT KYK JY? Wat kyk jy? Jy sleepvoet nuuskierig verby en verrek skaamteloos jou skilpadnekkie soos jy saamkyk en, nes talle ander, vermy om te stop. Jy sê dis nie jou plek nie. Waarna kyk jy? ’n Geruislose geraas en vreemde woeling, gestamp en gestoot … gedempte gil. Ongemaklik trap-trap jy uit voeling – dis […]
plaasfees (silwer)
plaasfees dis tyd om huis toe te gaan na die plek waar my siel kan rus daar ver op ons familieplaas waar Pa en Ma en Wagter is dis ‘n plek waar ek tuis voel al loop ek my eie pad en die liefde roep my telkens terug na die grondpad wat my huis toe […]
HOE RY DIE BOERE 1
HOE RY DIE BOERE 1 Geskryf deur Fanus Strydom 2351 Woorde Pa het onophoudelik daarop aangedring dat ons voor sonop reeds by die die huis moet uit wees op ons lang tog plaas toe díe Desember. Sodat die skelms nie kan sien ons gaan op vakansie nie, want dan kom breek hulle in en steel […]
Skoolverlaters: vakansie is om te geniet.
Skoolverlaters: vakansie is om te geniet. Dit is amper weer sulke tyd! Die jaar staan einde se kant toe. Na twaalf lang jare breek die eindeksamen uiteindelik aan vir die matrieks. Vir sommige is hierdie tydperk nie so ʼn groot nagmerrie soos vir ander nie, die tyd is min vir voorbereiding en die einde is […]
Sus se boomstem.
Sus se boomstem. Lank, lank gelede is daar ʼn blonde krulkopdogtertjie gebore. Haar naam was Marlé, maar gou-gou was sy bekend as Sus onder almal. Sus se ouers het haar mooi opgevoed en het haar vertel van al die dinge wat die wêreld vir haar kan bied. Met die lesse wat Sus so dikwels gehoor […]
Ekwilibrium (Goud)
Vanwaar ek aanskou hoe jou inner-arend verbete baklei om te lewe en te oorleef in die lydende stryd waanin jy – sielsmorend – gemartel word spook en spartel mý innerwese (besete) om te oorleef en te bly leef om jou in ewewig te hou.
Bedorwenheid
Bedorwenheid As ‘n blom té veel son té veel water té veel kompos kry en té lank aan eie wil en genade oorgelaat word verrot die stam verlep die blare en knak die kroon word dít wat volmaak gevorm is deur Skepperhand bedoel is om ‘n aangename geur te versprei om met skoonheid te pronk […]
Wat is die kans?
Dit is gek om te glo dat die vlees die onafwendbare sal oorheers metdat die gees totaal ontkennend (in ‘n verslawingswaan) veglustig baklei téén die minimale moontlikheid en hoë onwaarskynlikheid dat hy by volle magte is om ‘n selfopgelegde doodstraf met kortsig te durf betwis. © Loretta Szikra
My huis is my woning
My huis is my woning My huis is my woning, maar my woning is waar ek tuis is. My woning is waar my hart is. Dis die plek waar ek lafenis soek na ‘n lank dag buite. Hier lewe herinneringe in elke vertrek. Dis my Elim na die dolheid van die stad. Ek kan oral […]