
Wat is die kans?
Dit is gek om te glo
dat die vlees
die onafwendbare
sal oorheers
metdat die gees
totaal ontkennend
(in ‘n verslawingswaan)
veglustig baklei
téén die minimale moontlikheid
en hoë onwaarskynlikheid
dat hy by volle magte is
om ‘n selfopgelegde doodstraf
met kortsig te durf betwis.
© Loretta Szikra
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.