Eerste water
Eerste water
Wolke loer doer ver oor die horison. Die wind hark hul een vir een nader.
Die son skyn asof dit sy laaste is. Sonder genade bring hy sy hitte saam.
Die wind gaan lê, die son kruip weg agter donker wolke.
Stilte heers, natuur praat hul eie taal. Voëltjies probeer mekaar iets vertel.
Wolke stamp en stoot, daar kom die donderweer.
Blitse kleur die hemel in ná die winter vir die eerste keer.
Druppeltjies begin saggies dans en skielik harder begin die eerste water val.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.