Peopvol hart
Propvol hart
Woorde is so baie, maar te min en klein om altyd te sê.
“Dankie” of “Ek is jammer” voel soos woorde wat baie geld kan kos.
Tog is dankbaarheid en berou die skoene van geloof.
Wou die hart nie maar eerder net klop nie?
Nou word hy gevul met lief en leed — ’n kamer van geluk en ’n ander vir haat.
Sou ek maar net die regte woorde kon kry om die hart, met alles wat mooi is, vol te maak.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.