In Eenvoud Sê Ek Alles
In Eenvoud Sê Ek Alles
Ek skryf nie in
duister orakeltaal of
truuks vir slim effekte nie—
In eenvoud sê ek alles dat
‘n ieder en elk dit kan verstaan—
My hartstaal duld nie ontwykende
omweë en afdraaipaadjies nie en
jy vind my liefde ook nie versteek
en omhul in digte misbanke nie
maar in helder sigbare sonskyn wys
ek dus my liefde of toegeneentheid,
en my afkeer en afkeur is taktvol
sonder aanstoot synde nie volkome
ekstrovert, of introvert—
Janetta – Helena [Babs] ©
4 Kommentare
-
-
Koekekranka
Inderdaad so dat gebalanseerdheid die kwaliteit van liefhê ver-edel...
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
en in eenvoud se jy dit pragtig tannie Babs!