Jongste aktiwiteit:

Kom Skugter Briesie

Kom Skugter Briesie

Dit raak aand en die dag buig uit
die gordyn gaan netnou finaal sak
oor verskeie tablo’s wat vandag afgespeel
het al die goed en kwaad in helder sonlig—
Die nag trek sy donker sluier in magtelose skaamte
oor al die gebrek, ellende en wreedheid wat
gedurende die sonskyndag afgespeel het
en oorspoel in die nag onder neonligte—
Al die boosheid is versmorend
kom waai jou koel lafenis oor my
brandende gesig sefier en verlig
die benoudheid soos met ‘n koel lap
en oortuig my dat edelheid skoonheid
en deug steeds die septer swaai in
menige hart, ja kom skugter briesie
en kom streel my onrus weg dat ek
in jou koel omhelsing rus en vrede vind—

Janetta – Helena [Babs]©




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed