Ek kyk, ek sien, ek weet
Ek kyk –
Deur newels van tyd.
Deur mis wat draai.
Deur blare se waai.
Deur kierings wat braai.
En ek sien –
Hoe die wiel draai.
Hoe dejavu sweef.
Hoe elke hond ‘n dag kry.
Hoe tyd leer.
En ek weet –
Vrede het ‘n prys.
Elke huis het sy kruis
en opstaan as jy val is wys.
Want die lewe is ‘n reis.
5 Kommentare
-
Evelyn van der Merwe
Nou praat jy..... Mooi gepen.
-
HelenaMellet
Baie mooi.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
groot boodskap in hierdie pragtige gedig